Deel in die geskiedenis
Impie-Alumniblad

Baie welkom op die Impie-Alumniblad. Dis die blad wat vir Oud-Impies ‘n terugblik na toeka se dae gaan gee.

 

Hierdie platform gaan gebruik word om gebeure oor die laaste 5 dekades saam te vat en ook hoogtepunte van elke dekade uit te beeld. Laerskool Impala is van 1965 die sieraad van die gemeenskap. Die wonderlike nostalgie agter elke gebeurtenis is vir ons belangrik, dit is waarom ons die platform geskep het.

 

Die Impie-Alumniblad gaan aan ons die geleentheid bied om ons Impie gemeenskap in nou verwantskap met die huidige gebeure, projekte en prestasie te bring en deel van te word. Impie-Alumni is eksklusief vir oud-Impies ouers, leerders en personeel wat nog deel wil wees in die vooruitgang van die baken wat Laerskool Impala in die alomveranderende wêreld is. Laerskool Impala is trots op sy geskiedenis, sy hede en sy toekoms wat voorlê.

 

Word vandag deel van die wenspan by Laerskool Impala en registreer.

 

Deel asseblief u foto’s en mooi herinneringe van toeka se dae.